23 Toe Yo’av en die hele leër wat saam met hom was, arriveer, het hulle vir Yo’av vertel en gesê: “Avner, die seun van Ner, het na die koning toe gekom en dié het hom weggestuur en hy het in vrede gegaan.”
24 Toe kom Yo’av by die koning en sê: “Wat het u gedoen? Let op, Avner het na u toe gekom; waarom het u hom dan weggestuur en hy is reeds weg?
25 U ken vir Avner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om te leer van u uitgang en u ingang en om alles uit te vind wat u doen.”
26 Toe Yo’av uitkom by Dawid, het hy boodskappers agter Avner aan gestuur en hulle het hom teruggebring van die put van Sirah Hassira af, maar Dawid het dit nie geweet nie.
27 Toe Avner na Hevron terugkom, het Yo’av hom eenkant toe gevat na die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die maag gesteek sodat hy gesterf het vir die bloed van sy broer `Asah’el.
28 Agterna, toe Dawid dit hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is voor יהוה vir ewig onskuldig aan die bloed van Avner, die seun van Ner.
29 Mag dit val op die kop van Yo’av en op sy vader se hele huis en mag die huis van Yo’av nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.”