26 Toe Yo’av uitkom by Dawid, het hy boodskappers agter Avner aan gestuur en hulle het hom teruggebring van die put van Sirah Hassira af, maar Dawid het dit nie geweet nie.
27 Toe Avner na Hevron terugkom, het Yo’av hom eenkant toe gevat na die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die maag gesteek sodat hy gesterf het vir die bloed van sy broer `Asah’el.
28 Agterna, toe Dawid dit hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is voor יהוה vir ewig onskuldig aan die bloed van Avner, die seun van Ner.
29 Mag dit val op die kop van Yo’av en op sy vader se hele huis en mag die huis van Yo’av nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.”
30 Yo’av en sy broer, Avishai, het Avner vermoor omdat hy hulle broer `Asah’el in die geveg by Giv’on gedood het.
31 Toe sê Dawid aan Yo’av en aan al die mense wat by hom was: “Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag oor Avner!” Koning Dawid het agter die draagbaar geloop.
32 So het hulle Avner in Hevron begrawe en die koning het sy stem opgelig en gehuil by die graf van Avner en die hele volk het gehuil.