28 Agterna, toe Dawid dit hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is voor יהוה vir ewig onskuldig aan die bloed van Avner, die seun van Ner.
29 Mag dit val op die kop van Yo’av en op sy vader se hele huis en mag die huis van Yo’av nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.”
30 Yo’av en sy broer, Avishai, het Avner vermoor omdat hy hulle broer `Asah’el in die geveg by Giv’on gedood het.
31 Toe sê Dawid aan Yo’av en aan al die mense wat by hom was: “Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag oor Avner!” Koning Dawid het agter die draagbaar geloop.
32 So het hulle Avner in Hevron begrawe en die koning het sy stem opgelig en gehuil by die graf van Avner en die hele volk het gehuil.
33 Die koning het ’n klaaglied oor Avner gesing en gesê: “Moes Avner sterf soos ’n dwaas sterf?
34 Jou hande was nie vasgebind en jou voete ook nie in kettings gesit nie. Soos ’n mens voor die bose val, het jy geval.” Die hele volk het weer oor hom gehuil.