31 Toe sê Dawid aan Yo’av en aan al die mense wat by hom was: “Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag oor Avner!” Koning Dawid het agter die draagbaar geloop.
32 So het hulle Avner in Hevron begrawe en die koning het sy stem opgelig en gehuil by die graf van Avner en die hele volk het gehuil.
33 Die koning het ’n klaaglied oor Avner gesing en gesê: “Moes Avner sterf soos ’n dwaas sterf?
34 Jou hande was nie vasgebind en jou voete ook nie in kettings gesit nie. Soos ’n mens voor die bose val, het jy geval.” Die hele volk het weer oor hom gehuil.
35 Toe het die hele volk gekom om Dawid te oortuig om brood te eet terwyl dit nog dag was, maar Dawid het gesweer en gesê: “Mag God so aan my doen en ook meer, as ek brood of enige iets proe voor sonsondergang.”
36 Al die mense het dit opgemerk en dit het hulle tevrede gestel, net soos alles wat die koning gedoen het, al die mense tevrede gestel het.
37 Al die mense en die hele Yisra’el het daardie dag verstaan dat dit nie van die koning af was om Avner, die seun van Ner, dood te maak nie.