13 Dit was so: wanneer die draers van die ark van יהוה ses treë geloop het, het hy ’n bees en ’n vetgemaakte kalf geoffer.1 Kro 15:27
14 Dawid het met alle mag voor die Teenwoordigheid van יהוה gedans en Dawid het ’n linne skouerkleed gedra.
15 So het Dawid en die hele huis van Yisra’el die ark van יהוה met gejuig en die klank van die ramshoring gebring.
16 Toe het dit gebeur: soos die ark van יהוה die stad van Dawid ingekom het, het Mikhal, die dogter van Sha’ul, deur die venster gekyk en koning Dawid gesien spring en dans voor die Teenwoordigheid van יהוה en sy het hom in haar verstand, wil en emosie verag.
17 Hulle het die ark van יהוה ingebring en dit op sy plek neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het en Dawid het brandoffers en vredesoffers geoffer voor יהוה.
18 Toe Dawid klaar die brandoffer en vredesoffers gebring het, het hy die volk in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה-Tzva’ot geseën.1 Kro 16:3
19 Verder het hy aan al die mense, aan al die menigte van Yisra’el, aan elkeen, manne en vroue, ’n brood, ’n stuk vleis en ’n fyn witbrood uitgedeel. Toe het al die mense weggegaan, elkeen na sy huis.