2 die koning vir Natan, die profeet, sê: “Kyk nou, ék bly in ’n huis van sederhout, maar die ark van God bly in tentdoeke.”
3 Natan het vir die koning gesê: “Gaan, doen alles wat in u gedagtes is, want יהוה is by u,”
4 maar in dieselfde nag kom die boodskap van יהוה tot Natan en sê:
5 “Gaan en sê aan My dienskneg Dawid: “So sê יהוה: ‘Is jy die een wat vir My ’n huis moet bou om in te woon?
6 Ek het nie in ’n huis gebly van die dag af dat Ek die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim gebring het tot vandag toe nie, maar Ek het rondgetrek in tente.
7 Waar Ek ook al saam met al die seuns van Yisra’el rondgetrek het, het Ek ’n woord gepraat met een van hulle wat Ek aangestel het om My volk Yisra’el te voed en gesê: ‘Hoekom het julle nie vir My ’n huis van sederhout gebou nie?’
8 Nou, daarom moet jy vir My dienskneg Dawid sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Ek het jou uit die weiveld, van agter die skape af, weggevat, om heerser te wees oor My volk, Yisra’el.