24 Want U het vir Uself U volk Yisra’el bevestig as U eie volk vir ewig en U, יהוה, het vir hulle ’n God geword;
25 daarom nou, יהוהGod, bevestig die boodskap wat U aangaande U kneg en sy huis gesê het vir ewig en doen soos U gesê het
26 sodat U Naam (Karakter en Outoriteit) vir altyd groot kan wees deur te sê: “יהוהTzva’ot is God oor Yisra’el en mag die huis van U dienskneg Dawid vasgestel wees voor U Teenwoordigheid,
27 want U, יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, het aan U dienskneg ’n openbaring gemaak en gesê: “Ek sal vir jou ’n huis bou;” daarom het U dienskneg moed gevind om hierdie gebed tot U te bid.Yog 17:17
28 Nou, יהוהGod, U is God, U boodskap is waarheid en U het hierdie goeie ding aan U dienskneg belowe.
29 Nou, daarom, mag dit U behaag om die huis van U dienskneg te seën sodat dit vir ewig voor U Teenwoordigheid kan voortgaan, want U, יהוה-God, het gepraat en met U seën, mag die huis van U dienskneg vir ewig geseënd wees.”