5 “Gaan en sê aan My dienskneg Dawid: “So sê יהוה: ‘Is jy die een wat vir My ’n huis moet bou om in te woon?
6 Ek het nie in ’n huis gebly van die dag af dat Ek die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim gebring het tot vandag toe nie, maar Ek het rondgetrek in tente.
7 Waar Ek ook al saam met al die seuns van Yisra’el rondgetrek het, het Ek ’n woord gepraat met een van hulle wat Ek aangestel het om My volk Yisra’el te voed en gesê: ‘Hoekom het julle nie vir My ’n huis van sederhout gebou nie?’
8 Nou, daarom moet jy vir My dienskneg Dawid sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Ek het jou uit die weiveld, van agter die skape af, weggevat, om heerser te wees oor My volk, Yisra’el.
9 Ek was by jou oral waar jy gegaan het en het al jou vyande voor jou afgesny en Ek sal vir jou ’n groot naam (karakter en outoriteit) maak, soos die name van die groot manne wat op die aarde is.
10 Ek sal ook vir My volk Yisra’el ’n plek aanstel en hulle plant sodat hulle in hul eie plek kan bly in vrede en nie meer gepla word nie; ook sal bose manne hulle nie weer slawe maak, soos vroeër nie.
11 Selfs van die dag af dat Ek jou as regter oor My volk Yisra’el aangestel het, het ek jou rus gegee van al jou vyande. יהוה verklaar ook teenoor jou dat יהוה vir jou ’n huis sal maak.Yog 7:42