10 stuur To’i sy seun, Yoram na koning Dawid om hom te groet en hom te seën en hy het artikels van silwer, goud en koper gebring omdat hy teen Hadad’ezer geveg en hom verslaan het, want Hadad’ezer was in oorlog teen To’i.
11 Koning Dawid het ook hierdie artikels vir יהוה afgesonder, saam met die silwer en die goud wat hy afgesonder het van al die nasies wat hy onderwerp het:
12 van die Arameërs, die Mo’aviete, van die seuns van `Ammon, van die F’lishtyne, van die `Amalekiete en van die buit van Hadad’ezer, die seun van Regov, die koning van Tzovah.
13 Dawid het naam gemaak toe hy, na die slagting van die agtien duisend Arameërs in die Vallei van Sout, terugkeer.Yir 49:7
14 Dawid het garnisoene in Edom gesit; in die hele Edom het hy garnisoene gesit en al die Edomiete het Dawid se diensknegte geword en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.
15 Dawid het oor die hele Yisra’el regeer en Dawid het regverdige oordeel en onpartydige opregtheid aan die hele volk bedien.
16 Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was oor die leër en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier.