4 Dawid het een duisend sewe honderd perderuiters en twintig duisend voetsoldate van hom gevange geneem en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar genoeg daarvan laat oorbly vir ’n honderd strydwaens.
5 Toe die Arameërs van Dammesek gekom het om Hadad’ezer, die koning van Tzovah, te help, het Dawid twee en twintig duisend Arameërs doodgemaak.
6 Toe het Dawid garnisoene tussen die Arameërs van Dammesek gesit en die Arameërs het diensknegte van Dawid geword, wat belasting betaal en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.
7 Dawid het die goue skilde gevat wat die diensknegte van Hadad’ezer gedra het en dit na Yerushalayim gebring.
8 Vanuit Betag en Berotai, stede van Hadad’ezer, het koning Dawid ’n groot hoeveelheid koper gevat.
9 Toe To’i, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leër van Hadad’ezer verslaan het,
10 stuur To’i sy seun, Yoram na koning Dawid om hom te groet en hom te seën en hy het artikels van silwer, goud en koper gebring omdat hy teen Hadad’ezer geveg en hom verslaan het, want Hadad’ezer was in oorlog teen To’i.