10 Dawid het gehoor Urija het nie by sy huis gaan slaap nie.“Jy was dan so lank weg, hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” vra Dawid hom die volgende môre.
11 Urija het geantwoord: “Hoe kan ek huis toe gaan om te gaan eet en drink en by my vrou te slaap as die ark van God en al die manne van Israel en Juda in tente bly, en Joab en die koning se eie soldate in die oop veld moet kamp? Ek sal dit so waar as u leef, nooit doen nie!”
12 “Bly nog vandag en môre hier, dan sal ek jou terugstuur,” het Dawid vir hom gesê. Urija het toe vir nog twee dae in Jerusalem gebly.
13 Dawid het hom uitgenooi om saam met hom te kom eet en drink en hom toe dronk gemaak. Daardie aand het Urija weer op dieselfde plek by die wagte van die koning gaan slaap. Hy wou glad nie huis toe gaan nie.
14 Die volgende môre het Dawid vir Joab ’n brief geskryf wat hy saam met Urija gestuur het.
15 In die brief het daar gestaan: “Sit vir Urija heel voor in die kwaaiste geveg. Los hom dan alleen sodat hulle hom kan bykom en hom doodmaak.”
16 Joab het geweet waar die dapperste manne van die stad was. In die geveg om in die stad in te kom het hy toe vir Urija op daardie plek gesit.