5 Die vrou het toe Dawid se baba verwag en vir hom laat weet: “Ek verwag jou kind.”
6 Dawid het vir Joab laat weet: “Stuur Urija, die Hetiet, na my toe.”Joab het Urija na Dawid toe gestuur.
7 Toe hy by Dawid kom, vra Dawid vir hom hoe dit met Joab en die manskappe gaan en of dit goed gaan met die oorlog.
8 Daarna sê Dawid vir hom: “Gaan nou na jou huis toe, dan ontspan jy lekker.”Net na Urija uit die paleis is, het die koning vir hom ’n groot ete gestuur.
9 Maar Urija het nie huis toe gegaan nie. Hy het by die koning se wagte by die paleis se deur gaan slaap.
10 Dawid het gehoor Urija het nie by sy huis gaan slaap nie.“Jy was dan so lank weg, hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” vra Dawid hom die volgende môre.
11 Urija het geantwoord: “Hoe kan ek huis toe gaan om te gaan eet en drink en by my vrou te slaap as die ark van God en al die manne van Israel en Juda in tente bly, en Joab en die koning se eie soldate in die oop veld moet kamp? Ek sal dit so waar as u leef, nooit doen nie!”