34 Maar as jy teruggaan stad toe, kan jy my help en die planne van Agitofel dwarsboom. Sê vir Absalom jy wil vir hom werk. Sê vir hom jy het voorheen vir my gewerk, maar nou is hy jou baas.
35 Die twee priesters, Sadok en Abjatar, sal ook in Jerusalem wees. Sê vir hulle alles wat jy in die paleis hoor.
36 Hulle twee seuns, Agimaäs en Jonatan, sal ook daar wees en hulle sal vir my alles kom sê wat julle uitvind.”
37 Gusai, Dawid se ou vriend, het teruggegaan. Toe hy in die stad kom, kom Absalom ook daar aan.