4 Absalom en al die leiers van Israel het gedink dis ’n goeie plan.
5 Toe sê Absalom: “Roep ’n bietjie vir Gusai, die Erekiet, dat ons hoor wat hý te sê het.”
6 Toe Gusai inkom, sê Absalom vir hom: “Dis wat Agitofel gesê het. Moet ons dit doen? As jy nie saamstem nie, moet jy praat.”
7 Gusai sê toe: “Agitofel se plan is hierdie keer nie so goed nie.
8 U ken u pa en sy manne: hulle is baie dapper en hulle is nou so kwaai soos ’n wilde beer wie se kleintjies afgeneem is. U pa is ’n ou soldaat: hy sal nie vannag by die manskappe slaap nie.
9 U kan seker wees hy kruip weg in ’n klipskeur of so ’n plek. As van Agitofel se manne doodgemaak word in die eerste aanval, sal daar ’n storie versprei dat daar sommer baie van Absalom se mense dood is.
10 Dan sal selfs die dapper manne wat vir g’n duiwel stuit nie, se moed hulle begewe, want al die Israeliete weet dat u pa ’n vegter is en dat daar dapper manne by hom is.