1 Daarna het Dawid by die Here raad gevra: “Moet ek in een van die dorpe van Juda gaan bly?”Die Here het “Ja” geantwoord.Dawid vra toe: “In watter dorp moet ek gaan bly?”En die Here antwoord: “In Hebron.”
2 Dawid het toe in Hebron gaan bly saam met sy twee vroue, Aginoam uit Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel.
3 Die manne wat by Dawid was, het elkeen ook met sy familie daarheen getrek en in die klein dorpies om Hebron gaan bly.
4 Die mense van Juda het na Hebron toe gekom en Dawid daar koning gemaak. Hy was net die koning van Juda.Die mense het vir Dawid kom vertel dat die mans van Jabes in Gilead vir Saul begrawe het.
5 Hy het toe van sy manne na Jabes gestuur met die boodskap: “Die Here sal vir julle goed wees omdat julle so goed was vir Saul, julle koning, en hom begrawe het.
6 Die Here sal vir julle goed wees en julle onthou. Ek waardeer regtig wat julle gedoen het.