14 Abner sê toe vir Joab: “Kom ons laat van die jongmanne die ding hier voor ons uitspook.”“Dis goed so,” sê Joab.
15 Hulle laat toe twaalf manne vorentoe kom wat vir die stam van Benjamin en Is-Boset moet veg, en twaalf wat vir Dawid moet veg.
16 Toe hulle mekaar pak, gryp elkeen die ander een aan die hare en hulle steek mekaar gelyk met die swaard in die sy sodat hulle almal saam dood neerslaan. (Dis hoekom hulle die plek daar by Gibeon Klipmesdeel noem.)
17 Daar het toe ’n woeste geveg uitgebreek. Abner en die manne van Israel het die slegste daarvan afgekom teen Dawid se manskappe.
18 Al drie Seruja se seuns, Joab, Abisai en Asael, was in die geveg. Asael was so rats soos ’n ribbok.
19 Toe Abner begin weghardloop, sit Asael hom agterna en bly op sy hakke, maak nie saak watter kant toe Abner draai nie.
20 Abner kyk toe om en skree vir hom: “Is jý die een wat agter my aan is, Asael?”Asael skree terug: “Ja, dis ek!”