18 Al drie Seruja se seuns, Joab, Abisai en Asael, was in die geveg. Asael was so rats soos ’n ribbok.
19 Toe Abner begin weghardloop, sit Asael hom agterna en bly op sy hakke, maak nie saak watter kant toe Abner draai nie.
20 Abner kyk toe om en skree vir hom: “Is jý die een wat agter my aan is, Asael?”Asael skree terug: “Ja, dis ek!”
21 Abner skree vir hom: “Hou op om my te jaag! Vang een van die jongmanne en vat sý wapens!”Maar Asael wou niks weet van wegdraai nie.
22 Abner skree toe weer vir hom: “Gee pad hier agter my! Ek gaan jou doodmaak! Hoe sal ek dan weer jou broer Joab in die oë kan kyk?”
23 Maar Asael wou nie hoor nie. Toe steek Abner hom so hard met die spies in sy maag dat die steel by sy rug uitkom. Asael het net daar dood neergeslaan. Almal wat verbygehardloop het, het gaan staan daar waar Asael dood gelê het.
24 Maar Joab en Abisai het op Abner se spoor gebly. Toe die son sak, kom hulle by Ammabult aan wat oos van Giag op pad na Gibeon se weivelde lê.