6 Die Here sal vir julle goed wees en julle onthou. Ek waardeer regtig wat julle gedoen het.
7 Noudat julle koning dood is, moet julle sterk en dapper wees. Ek wil hê julle moet weet die mense van Juda het my koning gemaak oor hulle.”
8 Saul se generaal, Abner, die seun van Ner, het oor die Jordaanrivier na Maganajim toe getrek. Hy het Is-Boset, Saul se seun, saamgevat
9 en hom koning gemaak oor die hele Israel. Is-Boset het met ander woorde regeer oor die streke Gilead, Aser, Jisreël, Efraim en Benjamin.
10 Is-Boset was 40 jaar oud toe hy koning geword het oor Israel en hy het twee jaar regeer. Dawid was net koning oor die mense van Juda
11 en hy het sewe jaar en ses maande in Hebron regeer.
12 Abner, die seun van Ner, het met Is-Boset se manskappe van Maganajim af na Gibeon toe gegaan.