8 Saul se generaal, Abner, die seun van Ner, het oor die Jordaanrivier na Maganajim toe getrek. Hy het Is-Boset, Saul se seun, saamgevat
9 en hom koning gemaak oor die hele Israel. Is-Boset het met ander woorde regeer oor die streke Gilead, Aser, Jisreël, Efraim en Benjamin.
10 Is-Boset was 40 jaar oud toe hy koning geword het oor Israel en hy het twee jaar regeer. Dawid was net koning oor die mense van Juda
11 en hy het sewe jaar en ses maande in Hebron regeer.
12 Abner, die seun van Ner, het met Is-Boset se manskappe van Maganajim af na Gibeon toe gegaan.
13 Joab, die seun van Seruja, en Dawid se manskappe het ook uitgetrek en hulle by Gibeonsfontein gekry. Die twee groepe het weerskante van die poel water gaan sit.
14 Abner sê toe vir Joab: “Kom ons laat van die jongmanne die ding hier voor ons uitspook.”“Dis goed so,” sê Joab.