1 Dawid het hierdie lied vir die Here geskryf nadat die Here hom gehelp het teen al sy vyande en teen Saul.
2 Die Here is vir my soos ’n plek tussen die rotse waar ek kan wegkruip;by Hom kan niemand my bykom nie.
3 My God, by U is ’n mens altyd veilig.U keer my vyande; U maak my sterk sodat ek hulle kan wen.U is ’n veilige wegkruipplek; U help my teen al die geweld.
4 Die Here moet geprys word,want as ek sy hulp vra,help Hy my teen my vyande.
5 Soos ’n groot golf wou die dood oor my breek,soos ’n vol rivier wou hy my saamsleep.