20 Die Here het my na ’n veilige plek gevat;Hy het my uitgehelp, want Hy hou van my.
21 Die Here het dit vir my gedoen omdat ek onskuldig is;Hy was goed vir my, want ek het nie kwaad gedoen nie.
22 Ek het gedoen wat die Here vir my gesê het;ek het nie my rug vir God gedraai nie.
23 Ek dink gedurig aan alles wat Hý wil hê ek moet doen;ek maak soos Hy sê.
24 Ek het presies gedoen wat die Here van ’n mens verwag;ek het gesorg dat ek niks verkeerds doen nie.
25 Die Here was aan my kant,want Hy het geweet ek is onskuldig.
26 Here, U sorg vir dié wat aan U getrou is;vir ’n mens wat voluit vir U lewe, gee U alles.