22 Ek het gedoen wat die Here vir my gesê het;ek het nie my rug vir God gedraai nie.
23 Ek dink gedurig aan alles wat Hý wil hê ek moet doen;ek maak soos Hy sê.
24 Ek het presies gedoen wat die Here van ’n mens verwag;ek het gesorg dat ek niks verkeerds doen nie.
25 Die Here was aan my kant,want Hy het geweet ek is onskuldig.
26 Here, U sorg vir dié wat aan U getrou is;vir ’n mens wat voluit vir U lewe, gee U alles.
27 Vir die een wat ’n skoon lewe lei, is U goed.Maar ’n vals mens kry teëspoed by U.
28 U help mense op wie daar getrap word,maar U hou ’n hoogmoedige mens dopen haal hom van sy troontjie af.