38 Ek kon my vyande inhaal en hulle platloop.Ek kon aanhou tot hulle gedaan is.
39 Ek het hulle so platgeslaandat hulle nie weer kan opstaan nie.Hulle is teen die grond.
40 U het my die krag gegee om te veg;U het my vyande op hulle knieë gedwing.
41 Hulle het vir my gevlug;ek kon dié wat teen my is, uitroei.
42 Hulle het geskree iemand moet hulle help,maar niemand kon nie.Hulle het na U geroep, Here,maar U wou hulle nie antwoord nie.
43 Ek het hulle stukkend getrap,ek het oor hulle geloop soos ’n mens oor stof en modder in die strate loop.
44 U het my gehelp toe my eie mense my wou onderkry.U het my boonop die koning van ander volke gemaak;mense wat ek nie eens ken nie, werk vir my