41 Hulle het vir my gevlug;ek kon dié wat teen my is, uitroei.
42 Hulle het geskree iemand moet hulle help,maar niemand kon nie.Hulle het na U geroep, Here,maar U wou hulle nie antwoord nie.
43 Ek het hulle stukkend getrap,ek het oor hulle geloop soos ’n mens oor stof en modder in die strate loop.
44 U het my gehelp toe my eie mense my wou onderkry.U het my boonop die koning van ander volke gemaak;mense wat ek nie eens ken nie, werk vir my
45 en vreemde mense kruip voor my.As ek praat, doen hulle wat ek sê.
46 Hierdie vreemde mense kon nie meer teen my veg nie,hulle moes maar oorgee.
47 Die Here leef!Die Here moet geprys word!Hy het my beskerm.Die God wat my beskerm en help,moet grootgemaak word!