2 Die Gees van die Here praat deur my;Hy sê vir my wat ek moet sê.
3 Die God van Israel het gepraat;Israel se God by wie ’n mens veilig is, het vir my gesê:As iemand ’n regverdige koning isen respek het vir die Here,
4 is hy soos die helder sonop ’n wolklose môrewat die gras laat groei na die reën.
5 Dis hoe God wil hê my regering moet wees,want Hy het vir my ’n belofte gemaakwat vir altyd bly staan.Hy het self die belofte gemaaken Hy sal sy belofte hou.Hy help my in alles wat ek wil doen;Hy sorg dat dit voorspoedig gaan.
6 Maar slegte mense is soos droë doringtakkewat die wind uitmekaargewaai het:’n mens raak nie aan hulle nie.
7 Al wat ’n mens daarmee kan doen,is om hulle bymekaar te krapmet die punt of handvatsel van ’n spiesen hulle net daar te verbrand.
8 Hier is die name van Dawid se dapperste soldate: Joseb-Bassebet van die Tagkemon-familie was die leier van die beroemde drie. Hy het in een geveg met sy oorlogsbyl wat hy so bokant sy kop swaai, 800 man kafgeloop.