21 Dis ook hy wat daardie lang Egiptenaar doodgesteek het. Die Egiptenaar het ’n spies in sy hand gehad en Benaja het net ’n stok gehad. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
22 Dit is hoe dapper Benaja, seun van Jojada, was. Sy naam word ook saam met die drie helde genoem wat vir Dawid water gaan haal het.
23 Hy was beroemder as die 30 helde, maar hy kom ook nie naby die beroemde drie nie. Dawid het hom die leier van sy lyfwag gemaak.
24 Onder Dawid se dapperste soldate tel ook nog: Asael, Joab se broer; Elganan, Dodo van Betlehem se seun;
25 Samma en Elika van Garod;
26 Geles van Pelet; Ira, Ikkes van Tekoa se seun;
27 Abiëser van Anatot; Sibbekai van Gusa;