1 Die gevegte tussen Saul se mense en Dawid se mense het lank aangehou, maar Dawid se mense het naderhand begin wen.
2 Hier is die name van die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is: Amnon was die oudste; sy ma was Aginoam van Jisreël.
3 Die tweede oudste was Kilab; sy ma was Abigajil, Nabal se weduwee van Karmel. Absalom was die derde oudste; sy ma was Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur.
4 Adonia was die vierde. Hy was Gaggit se seun. Die vyfde seun was Sefatja, Abital se kind;
5 en die jongste was Jitream; sy ma was Egla, nog ’n vrou van Dawid. Dit is Dawid se seuns wat in Hebron gebore is.