32 Hulle het Abner in Hebron begrawe. Dawid het kliphard by die graf gehuil. Almal het saamgehuil.
33 Die koning het dié klaaglied vir Abner gesing:Abner, waarom moes jy doodgemaak word? Asof jy niks werd is,
34 is jou hande nie geboei, jou voete nie vasgemaak nie; is jy dood soos iemand wat deur straatboewe aangeval is.Toe die mense die lied hoor, het hulle nog meer gehuil oor Abner.
35 Die mense het Dawid probeer ompraat om daardie dag iets te eet, maar Dawid het voor God gesweer hy sal nie sy mond aan iets sit voor die dag om is nie.
36 Al die mense het daarvan te hore gekom en dit waardeer. Om die waarheid te sê, hulle was gelukkig met alles wat die koning gedoen het.
37 Almal by die begrafnis, ja, al die mense in die land het daardie dag besef die koning het niks te doen gehad met Abner se moord nie.
38 Ná die tyd het Dawid vir sy amptenare gesê: “Julle weet natuurlik ’n groot leier van Israel is vandag dood.