9 Maar Dawid het vir Rekab en Baäna, Rimmon van Beërot se twee seuns, gesê: “So waar as die Here leef, Hy wat my uit baie moeilikheid gehelp het:
10 Toe ’n man in Siklag vir my kom sê het Saul is dood, het hý ook gedink hy bring vir my goeie nuus. Maar ek het hom laat vang en laat doodmaak. Dís die betaling wat hy gekry het vir sy boodskap.
11 Wat dink julle gaan ek dan doen met skurke wat ’n onskuldige man in sy eie huis op sy bed vermoor? Ek gaan julle vir seker laat betaal vir sy dood en julle van die aarde af uitroei.”
12 Dawid het vir sy soldate gesê om hulle dood te maak. Hulle het hulle hande en voete afgekap en die twee lyke by die fontein van Hebron opgehang vir almal om te sien. Is-Boset se kop het hulle in Abner se graf in Hebron gaan neersit.