12 Dawid het besef dat die Here hom koning gemaak het oor Israel en dat sy koninkryk belangrik geword het omdat die Here vir sy volk Israel omgee.
13 Nadat Dawid van Hebron af getrek het, het hy in Jerusalem met nog vroue getrou en ook nog meer haremvroue gekry. Hy het toe nog meer seuns en dogters gehad.
14 Die name van sy seuns wat in Jerusalem gebore is, was Sima, Sobab, Natan, Salomo,
15 Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia,
16 Elisama, Eljada en Elifelet.
17 Die Filistyne het gehoor dat Dawid koning geword het van Israel. Hulle het toe met al hulle soldate gekom om hom in die hande te kry. Maar Dawid het gehoor wat hulle plan was en hy het in die veilige plek in Jerusalem gebly.
18 Die Filistyne het hulle kamp in die Spooklaagte opgeslaan.