13 Nadat Dawid van Hebron af getrek het, het hy in Jerusalem met nog vroue getrou en ook nog meer haremvroue gekry. Hy het toe nog meer seuns en dogters gehad.
14 Die name van sy seuns wat in Jerusalem gebore is, was Sima, Sobab, Natan, Salomo,
15 Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia,
16 Elisama, Eljada en Elifelet.
17 Die Filistyne het gehoor dat Dawid koning geword het van Israel. Hulle het toe met al hulle soldate gekom om hom in die hande te kry. Maar Dawid het gehoor wat hulle plan was en hy het in die veilige plek in Jerusalem gebly.
18 Die Filistyne het hulle kamp in die Spooklaagte opgeslaan.
19 Dawid het toe vir die Here gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg, en sal U my help om hulle te wen?”Die Here se antwoord was: “Ja, gaan veg teen hulle. Ek sal vir seker sorg dat jy hulle wen.”