9 Dawid het in die veilige plek met die muur om gaan woon. Hy het dit die Stad van Dawid genoem. Hy het daar rondom laat bou, van die keerwal af binnetoe.
10 Dawid het sterker en sterker geword, want die magtige Here het hom gehelp.
11 Hiram, die koning van Tirus, het belangrike mense gestuur om met Dawid ’n ooreenkoms te maak. Hy het daarna vir hom sederhout gestuur en mense wat met hout kan werk en met klip kan bou. Hulle het vir Dawid ’n paleis gebou.
12 Dawid het besef dat die Here hom koning gemaak het oor Israel en dat sy koninkryk belangrik geword het omdat die Here vir sy volk Israel omgee.
13 Nadat Dawid van Hebron af getrek het, het hy in Jerusalem met nog vroue getrou en ook nog meer haremvroue gekry. Hy het toe nog meer seuns en dogters gehad.
14 Die name van sy seuns wat in Jerusalem gebore is, was Sima, Sobab, Natan, Salomo,
15 Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia,