1 Dawid het op ’n keer al die beste manne in Israel bymekaar laat kom. Daar was 30 afdelings.
2 Hy het saam met al hierdie manne na Baäla toe gegaan. Baäla is in Juda. Hulle het die ark van God daar gaan haal. Dis daardie beroemde ark, die een wat die troon van die magtige Here is. Die Here sit mos op die gerubs wat op die ark se deksel is.
3 Hulle het die ark van God uit die huis van Abinadab op die bult gedra en dit op ’n nuwe wa gelaai. Ussa en Agjo, twee kleinseuns van Abinadab, het saam met die nuwe wa geloop.
4 Agjo het voor geloop. So het hulle die ark van God by Abinadab se huis gaan haal.