13 toe die mense wat die kis dra ses treë geloop het, het Dawid ’n bul en ’n vet kalf vir die Here geslag.
14 Daarna het hy gedans so al wat hy kon. Hy het net ’n priesterrokkie aangehad.
15 So het Dawid en al die leiers van Israel die ark van die Here Jerusalem toe gevat. Hulle was bly en het geskree en op ramshorings geblaas.
16 Toe die ark in die Stad van Dawid inkom, het Mikal, Saul se dogter, deur die venster gekyk en gesien hoe bokspring en dans die koning daar by die ark van die Here. Sy het al haar respek vir hom verloor.
17 Hulle het die ark ingevat en dit op ’n spesiale plek neergesit in ’n tent wat Dawid laat opslaan het. Dawid het daar by die tent offers verbrand en diere geslag vir die heilige ete.
18 Nadat die mense geëet het, het Dawid hulle in die Naam van die magtige Here voorspoed toegewens.
19 Hy het vir elke Israeliet wat daar was, mans en vroue, ’n ringbroodjie en ’n hand vol dadels en rosyntjies gegee. Almal is daarna huis toe.