1 Dawid het lekker in sy paleis gebly. Niemand het hom gepla nie, want die Here het al die vyande in die lande om hom op hulle plek gehou.
2 Eendag sê die koning vir Natan, die profeet: “Kyk hier, ek bly in ’n paleis wat met duur hout gebou is, maar die ark van God staan nog al die tyd in ’n tent.”
3 Daarop antwoord Natan: “Doen wat u graag wil doen. Die Here sal u help.”
4 Maar daardie nag het die Here met Natan gepraat:
5 “Gaan sê vir Dawid Ek het gesê: ‘Jy wil vir My ’n huis bou om in te bly;
6 maar Ek het nog nooit in ’n huis gebly nie, van daardie tyd af wat Ek die Israeliete laat wegtrek het uit Egipte tot nou toe. Oral waar Ek gegaan het, was my woonplek ’n tent.