1 Dawid het daarna die Filistyne gewen in die oorlog. Hy was hulle baas en hulle kon nie meer doen wat hulle wou nie.
2 Dawid het ook die Moabiete gewen. Hy het hulle in rye op die grond laat lê. Hy het toe ’n meetlyn gevat en die rye gemeet. Die eerste en tweede groep onder die meetlyn is elke keer doodgemaak en die derde groep onder die meetlyn is gespaar. Die Moabiete wat oorgebly het, moes vir Dawid werk en aan hom belasting betaal.
3 Dawid het Hadad-Eser, die koning van Soba, ook in ’n geveg gewen. Hadad-Eser was op pad om die grond wat hy langs die Eufraatrivier verloor het, te probeer terugkry. Hy was Regob se seun.
4 Dawid het 20 000 van sy gewone soldate gevang en 1 700 van sy strydwaens afgevat. Hy het die hakskeensenings van die perde wat die strydwaens trek, laat afkap. Net 100 spanne van die perde het hy uitgehou.