12 Dit was die Arameërs, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne, die Amalekiete en dan natuurlik ook die koning van Soba, Hadad-Eser, Regob se seun.
13 Toe Dawid terugkom van al die gevegte af, het hy ook 18 000 Edomiete in die Soutvlakte in ’n geveg gewen. Dit het hom nog meer beroemd gemaak.
14 Hy het ook van sy soldate in Edom laat bly. Al die Edomiete moes vir hom werk. Dit was die Here wat Dawid al sy oorloë laat wen het.
15 Nadat Dawid koning oor die hele Israel geword het, was hy vir al sy mense ’n goeie regter wanneer daar hofsake was.
16 Joab, Seruja se seun, was die belangrikste generaal en Josafat, Agilud se seun, was die sekretaris van die regering.
17 Sadok, Agitub se seun, en Agimelek, Abjatar se seun, was die twee belangrikste priesters. Seraja moes alles vir die regering opskryf.
18 Benaja, Jojada se seun, was aangestel oor die lyfwagte van Dawid. Dawid se eie seuns was ook priesters.