1 Dawid het vir die mense gevra: “Is daar miskien nog iemand van Saul se familie oor? Ek wil graag goeddoen aan so iemand omdat ek en Jonatan sulke goeie vriende was.”
2 Daar was nog ’n man met die naam Siba wat vir Saul in die paleis gewerk het. Die mense het hom na Dawid gebring. “Is jy Siba?” vra die koning vir hom.Siba antwoord: “Ek is tot u diens.”
3 Die koning sê toe: “Is daar dalk nog iemand van Saul se familie oor? Ek sal graag goed wil wees vir so iemand, soos God vir my goed was.”Siba het die koning geantwoord: “Daar is nog ’n seun van Jonatan, maar hy loop swaar.”
4 Die koning vra: “Waar is hy?”“Hy bly daar in Lo-Dabar,” sê Siba, “by Makir, Ammiël se seun.”
5 Koning Dawid het mense na Lo-Dabar toe gestuur en hom by Makir se huis laat haal.
6 Toe Mefiboset, Jonatan se seun en Saul se kleinseun, by Dawid kom, het hy met sy gesig teen die grond gebuig.Dawid vra hom: “Is jy Mefiboset?”“Ja, dis ek. Ek is tot u diens,” antwoord hy.