10 Jy en jou seuns en jou werkers moet die grond vir hom bewerk en vir hom oes sodat daar vir hom genoeg is om van te lewe. Mefiboset self kan altyd by my eet.”(Siba het vyftien seuns en twintig werkers gehad.)
11 Siba sê toe vir die koning: “U Majesteit, ek sal alles doen wat u vir my gesê het.”Mefiboset het toe soos een van die koning se eie seuns gereeld in die paleis geëet.
12 Mefiboset het ’n klein seuntjie gehad; sy naam was Miga. Al Siba se mense het vir Mefiboset gewerk,
13 maar Mefiboset, wie se twee bene lam was, het in Jerusalem gebly sodat hy gereeld by die koning kon eet.