15 met die hange van die vallei strek tot by die stad Ar op die grens van Moab.”
16 Daarvandaan het Israel getrek tot by Beër. Beër is die waterput waar die Here vir Moses gesê het: “Maak die volk bymekaar, dan gee Ek vir hulle water om te drink.”
17 Daar het die Israeliete hierdie lied gesing:“Put, gee vir ons water; ons sal sing as ons dit sien!
18 Die leiers het die put gegrawe en die leiers van ons volk het dit verder met hulle septers en kieries oopgemaak.” Die Israeliete het uit hierdie woeste gebied uit getrek na Mattana toe,
19 en daarvandaan na Nagliël en van Nagliël af Bamot toe.
20 Hiervandaan is hulle verder deur die vallei in die gebied van Moab in tot by die berg Pisga. Van hier af kan jy ver oor die woestyn uitkyk.
21 Die Israeliete het boodskappers na koning Sihon, die koning van die Amoriete, toe gestuur om hom te vra: