6 Die bande van Sh’ol het my omring; die strikke van die dood het my gekonfronteer.
7 In my benoudheid, het ek יהוה aangeroep, ja, ek het geroep tot my God en vanaf Sy tempel het Hy my stem gehoor en my hulpgeroep, in Sy ore.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en is geskud omdat Hy woedend was.
9 Rook het opgegaan vanuit Sy neusgate, vuur vanuit Sy mond het verteer; kole is daardeur aan die brand gesteek.
10 Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.
11 Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.
12 Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.