7 In my benoudheid, het ek יהוה aangeroep, ja, ek het geroep tot my God en vanaf Sy tempel het Hy my stem gehoor en my hulpgeroep, in Sy ore.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en is geskud omdat Hy woedend was.
9 Rook het opgegaan vanuit Sy neusgate, vuur vanuit Sy mond het verteer; kole is daardeur aan die brand gesteek.
10 Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.
11 Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.
12 Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.
13 Vanuit die helderheid voor Hom is kole voor Hom aan die brand gesteek.Yeg 1:4-28; Yeg 10:1-22; Ps 18:8-14