14 en ’n boodskapper het na Iyov gekom en gesê: “Terwyl die beeste aan’t ploeë was en die donkies aan’t wei langs hulle,
15 het rowers van Sh’va hulle geroof en weggevat en die dienaars met die skerpte van die swaard doodgeslaan en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”
16 Terwyl hy nog gepraat het, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “Die vuur van God het uit die hemel geval en die skape en die skaapwagters verbrand en hulle verteer en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”
17 Terwyl hy nog praat, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “Die Kasdeërs het in drie dele verdeel en die kamele geroof en hulle weggevat en die diensknegte met die skerpte van die swaard doodgeslaan en ek alleen het ontvlug om dit aan u te vertel.”
18 Terwyl hy nog praat, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis
19 en let op, daar het ’n sterk wind vanaf die wildernis gekom en die huis aan die vier hoeke gegryp en dit het op die jongmense geval en hulle is dood en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”
20 Toe staan Iyov op en skeur sy bokleed, skeer sy kop en val op die grond neer in aanbidding1 Tim 6:7