1 Roep nou, ek vra jou, is daar iemand wat jou kan antwoord gee? Na watter een van die afgesonderdes sal jy draai?
2 Want woede maak die dwaas dood en haat maak die eenvoudige dood.
3 Ek het gesien hoe die bose voorspoedig is, maar sy blyplek word skielik vernietig.
4 Sy seuns is ver van verlossing af en hulle word verneder by die poort en daar is niemand om hulle te red nie.
5 Hulle wat honger is, eet sy oes op en hulle sal water uitgooi vir die wat dors is en die wat dors is, verslind hulle besittings,
6 want valsheid kom nie op vanuit die stof nie en ook nie boosheid vanuit die grond nie,
7 want die mens word vir moeite gebore, so seker as wat die wilde voëls vlieg,
8 maar wat my betef, ek sou na God soek en aan God my saak voorlê,
9 wat groot dinge gedoen het sonder grense en wonderlike dinge sonder getal;
10 wat reën gee op die aarde en waters stuur na die velde;
11 om die wat laag is op te lig en die sagmoediges sal opgelig word deur verlossing.
12 Hy frustreer die planne van listige mense sodat hulle hande nie met wysheid hulle beplanning kan uitvoer nie.1 Kor 3:19
13 Hy vang die wyse manne in hulle eie slimstreke en die raad van die slinkse mense word frustreer.
14 Hulle hanteer dinge oordag asof hulle in duisternis is en tas rond in die middag soos in die nag
15 en hulle kom om deur die mag van die swaard en die armes word gered uit die hand van die magtiges.
16 Daar is versekerde verwagting vir die armes, maar die bose sal sy mond toehou.
17 Let op, gelukkig is die man wat deur God gekorrigeer word en hy wat die tugtiging van die Almagtige nie verag nie,
18 want dit is Hy wat verwond en verbind; Hy slaan en Sy hande genees.
19 Uit ses moeilikhede sal Hy jou bevry, ja, uit sewe sal geen boosheid jou aanraak nie.
20 In hongersnood sal Hy jou bevry van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
21 Jy sal beskerm word van die houe van die tong en jy sal nie bang wees vir vernietiging wanneer dit kom nie.
22 Oor geweld en hongersnood sal jy lag en nie die wilde diere vrees nie,
23 want jy sal in verbond wees met die klippe van die veld en die wilde diere van die veld sal in vrede met jou wees.
24 Jy sal weet dat jou tent in vrede is en jy sal terugkeer na jou blyplek en nie sondig nie.
25 Jy sal ook weet dat jou nageslag baie sal wees en jou kinders soos die gras van die aarde.
26 Jy sal rustig na jou graf gaan, soos ’n graangerf in sy seisoen.
27 Let op, ons het hierdie ding ondersoek en dit is so; ons het dit gehoor en jy weet dit tot jou beswil.”