Iyov 40 PWL

1 יהוה het Iyov verder geantwoord en gesê:

2 “Die raadgewings van God is baie. Hy wat God teregwys, moet daarvoor antwoord!”

3 Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

4 “Let op, ek is onwaardig. Wat sal ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond lê.

5 Een maal het ek gepraat, maar ek sal nie antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie verder gaan nie.”

6 Toe het יהוה vir Iyov vanuit die warrelwind geantwoord en gesê:

7 “Gord nou jou heupe vas soos ’n man; Ek sal jou ondervra en jy sal aan My verklaar:

8 wil jy My oordeel tot niet maak, My selfs veroordeel sodat jy geregverdig mag wees?Ps 29

9 Het jy ’n arm soos God, of kan jy donder met ’n stem soos Hy?

10 Versier jou nou met majesteit en hoogheid en beklee jou met lof, eer en skoonheid!

11 Gooi die toorn van jou woede uit en kyk na elkeen wat trots is en verneder hom

12 en gooi die sondaars af in hul plek.

13 Begrawe hulle almal saam in die grond; bedek hulle gesigte met fyn stof,

14 dan sal Ek jou ook krediet gee wanneer jou eie regterhand jou gered het.

15 Let op die behemoth wat Ek vir jou gemaak het; hy eet gras soos ’n bees.

16 Let op, sy krag is in sy kruis en sy stert staan regop soos ’n sederboom.

17 Die senings van sy dye bult uit.

18 Sy gebeente is sterk soos stukke koper, ja, hulle is soos ysterstawe.

19 Hy is die hoof van God se skeppinge, want Hy het hom kragtig gemaak om te veg.

20 Hy gaan rond in die berge en al die wilde diere van die veld lê onder sy beskerming.

21 Hy lê en wag in die skuilplek van riete, hy hurk soos ’n leeu.

22 Die skadubome bedek hom met hulle skaduwee; die wilgers van die spruit omring hom.

23 Let op, as hy in die rivier spring, is hy nie bang nie, hy is selfversekerd, al kom die Yarden tot by sy mond.

24 Kan iemand hom met ’n haak vat of vang met ’n net? Kan een hom lei in ’n strik of sy tong vasbind met ’n tou?

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42