4 Sy seuns het gegaan en in mekaar se huise volgens elkeen se vasgestelde dag ’n fees gehou en hulle het gestuur en hul drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink.
5 Dit was so dat elke keer as die dae van hulle fees verby was, Iyov gestuur en hulle afgesonder het; Iyov het vroeg in die oggend opgestaan en brandoffers gebring vir elkeen van hulle, want Iyov het gesê: “Dit mag wees dat my seuns gesondig het en God in hulle hart gevloek het!” Dit het Iyov voortdurend gedoen.
6 Daar was ’n dag waarop die seuns van God hulleself voor יהוה kom aanbied het en die teëstander het ook saam met hulle gekom.
7 יהוה vra vir die teëstander: “Waar kom jy vandaan?” Toe antwoord die teëstander יהוה en sê: “Van heen en weer gaan en loop op die aarde.”
8 Toe vra יהוה vir die teëstander: “Het jy van naby gekyk na My dienskneg Iyov, dat daar niemand op die aarde is soos hy nie: ’n onskuldige en opregte man, een wat God respekvol vrees en wegdraai van die bose?”
9 Toe antwoord die teëstander vir יהוה en sê: “Is dit vir geen doel dat Iyov God vrees nie?
10 U het self U hand van beskerming rondom sy huis, sy kinders en alles wat hy besit geplaas; U het die werke van sy hande geseën en sy besittings word vermeerder in die land,