7 יהוה vra vir die teëstander: “Waar kom jy vandaan?” Toe antwoord die teëstander יהוה en sê: “Van heen en weer gaan en loop op die aarde.”
8 Toe vra יהוה vir die teëstander: “Het jy van naby gekyk na My dienskneg Iyov, dat daar niemand op die aarde is soos hy nie: ’n onskuldige en opregte man, een wat God respekvol vrees en wegdraai van die bose?”
9 Toe antwoord die teëstander vir יהוה en sê: “Is dit vir geen doel dat Iyov God vrees nie?
10 U het self U hand van beskerming rondom sy huis, sy kinders en alles wat hy besit geplaas; U het die werke van sy hande geseën en sy besittings word vermeerder in die land,
11 maar steek nou U hand uit en vernietig alles wat hy het en hy sal U in U gesig vloek!”
12 יהוה sê vir die teëstander: “Let op, alles wat hy het, is in jou mag; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.” Die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה.
13 Daar was ’n dag waarop Iyov se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer