9 Toe antwoord die teëstander vir יהוה en sê: “Is dit vir geen doel dat Iyov God vrees nie?
10 U het self U hand van beskerming rondom sy huis, sy kinders en alles wat hy besit geplaas; U het die werke van sy hande geseën en sy besittings word vermeerder in die land,
11 maar steek nou U hand uit en vernietig alles wat hy het en hy sal U in U gesig vloek!”
12 יהוה sê vir die teëstander: “Let op, alles wat hy het, is in jou mag; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.” Die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה.
13 Daar was ’n dag waarop Iyov se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer
14 en ’n boodskapper het na Iyov gekom en gesê: “Terwyl die beeste aan’t ploeë was en die donkies aan’t wei langs hulle,
15 het rowers van Sh’va hulle geroof en weggevat en die dienaars met die skerpte van die swaard doodgeslaan en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”