3 maar ek het ook insig, net soos julle; ek is nie minderwaardig teenoor julle nie, maar aan wie is sulke dinge soos dié nie bekend nie?
4 Tog word hy wat hom op God beroep belaglik vir sy vriende en Hy wat tevrede is met die regverdige wat vlekkeloos is, antwoord hom
5 wat gereed is om afstand te doen van minagting en boosheid en die glyende voete te versterk.
6 Die tent van rowers sal verwyder word asook die selfvertroue van hulle wat God tart, want daar is geen God in hulle verstand, wil en emosie nie,
7 maar vra nou die diere en hulle sal jou leer; die voëls van die hemel en hulle sal jou vertel;
8 of praat met die aarde en dit sal jou leer en die visse van die see sal dit vir jou verklaar.
9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van יהוה hulle gemaak het nie?