4 want U het húlle verstand, wil en emosie weggesteek vir begrip; daarom sal hulle hulself oplig in hul misleiding.
5 Wanneer ’n vriend skadelik optree teenoor sy vriend, sal selfs die oë van sy seuns faal.
6 Hy het krag gegee aan die nasies; ek sal gespot word voor hulle.
7 My oë is dof as gevolg van woede en al my sintuie is soos ’n skaduwee.
8 Opregte mense sal verbaas wees hieroor en die onskuldige sal homself opwerk teen die skuldiges.
9 Die regverdige sal vashou aan sy lewenswyse en hy wat rein hande het, sal sterker en sterker word,
10 maar, wat julle almal betref, julle is valse toneelspelers; tog keer julle terug en kom na my toe, maar ’n wyse man kan ek nie onder julle vind nie.